Modulekode | NMP 701 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Module-inhoud | Die module spreek beide die teorie en toepassing van monsterneming aan, hoofsaaklik in die mineraalprosesseringsindustrie. Monsterneming is in beginsel statisties van aard en dus sal basiese statistiese metodes, relevant tot monsternemingsteorie behandel word. Die module sal dan fokus op die teorie van monsterneming, spesifiek ten opsigte van die bestuur van groot- en kleinskaalse veranderlikheid. In die gedeelte oor grootskaalse veranderlikheid, sal die effek van interpolasiefoute, periodiese foute en geweegde-inkrement foute ook aangespreek word. In die gedeelte wat handel oor kleinskaalse veranderlikheid, word die bepaling en bestuur van verskeie foute, wat lei tot kleinskaalse veranderlikheid hanteer – dit sluit in die saamstel van monsternemingsmetodes wat hierdie foute kan minimeer. Die evaluasie van droë- en nat monsternemingsapparaat, ten opsigte van verskillende bronne wat eensydigheid kan genereer, asook die implementering van monsternemingsmetodes in die praktyk word behandel. Steenkool-, yster-, goud- en platinumerts sal die fokus vorm van die module. |
Modulekrediete | 30.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 48 kontakure per semester |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Departement | Materiaalkunde en Metallurgiese Ingenieurswese |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 of Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App